Meer oor ons


ONS IS RADIO.

Tygerberg 104FM is ’n Christen Gemeenskapsradiostasie wat in 1993 teen die Tygerberg geplant is en gegroei het tot die grootste en mees suksesvolle gemeenskapradiostasie in die Wes-Kaap. Met ‘n luistertal van 415 927 (AMPS2013A) is Tygerberg 104FM ook die grootste Christen Gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika.

Omdat die voorsiening in die spesifieke behoeftes van ons gemeenskap Tygerberg 104FM se hartklop is, is die gehalte van ons toerusting, voortdurende opleiding van ons personeel en deurbraak innovering van ons programme, musiek, promosies en advertensies daarop gefokus om lewende klanke aan die luisteraar-oor te bring.

Getrou aan die karakter van Tygerberg 104FM se visie en missie, streef ons voortdurend daarna om die gemeenskap vir wie ons uitsaai te bedien op maniere wat veel wyer strek as net uitsaai. Tygerberg 104FM se volgehoue teenwoordigheid in die gemeenskap is vir ons baie belangrik. Die radiostasie het oor die jare sterk en standhoudende vennootskappe gevorm met korporatiewe maatskappye sowel as individue wat ons in staat stel om ‘n verskil te maak in die lewens van mense wat dikwels ontneem is van die basiese lewensmiddele om te kan oorleef. Ons is bevoorreg om oor ‘n span toegewyde personeellede te beskik wat die behoeftes in die gemeenskap identifiseer en opkom met innoverende idees om in daardie behoeftes te voorsien deur middel van kompetisies, uitreike, buite-uitsendings of om eenvoudig net betrokke te raak by betekenisvolle gemeenskapsprojekte.

Tygerberg 104FM se X-faktor is vervat in sy roeping “om ons luisteraars te inspireer en te impakteer met die verlossingskrag van Jesus Christus”. Ons luisteraar-gemeenskap weet presies wat hulle gaan kry wanneer hulle inskakel op Tygerberg 104FM.

Boonop is Tygerberg 104FM in Mei 2014 beloon met altesame vyf gesogte MTN radio-toekennings, waar onder Gemeenskapsradiostasie van die Jaar. Dit is die tweede keer in drie jaar dat Tygerberg 104FM wegstap met dié gesogte titel. Dié rekord getal toekennings span die kroon op die radiostasie se groei en vordering die afgelope 21 jaar. Tygerberg 104FM vier op 30 Augustus sy mondigwording en ons is trots daarop dit hy dit kan doen as Gemeenskapsradiostasie van die Jaar 2014.

Tygerberg 104fm. Ons lééf Christus!


PENETRASIE : KAAPSE METROPOOL