ONS OMROEPERS


ANTON TREURNICH

Uitsaai tye:
Weeksdae 15:00 - 18:00

Anton Treurnich is mede-aanbieder van Tygerberg 104FM se bekroonde middagprogram Vuurvas, bekroonde radiodrama-skrywer, asook mede-skrywer en akteur van die TV-reeks “DIE BYL”, 'n reeks oor die lewe van oud-baasspeurder Piet Byleveld wat later vanjaar op KykNet gesien kan word. Sy gunsteling tydverdryf is ‘n Sondagmiddag-rit saam met die gesin. Hulle kry draairoomyse en gaan kyk hoe lyk die rykmense se huise.

Hy waardeer mense wat nog in aanraking is met sy innerlike kind en voel jy moet soos ‘n kind glo...lag...speel...geniet...waardeer en ervaar. Die boek “DIE KLEIN PRINSIE” deur Antoine de Saint-Exupéry het ‘n spesiale plek in sy hart. Sy toekomsdrome is om eendag sy kleinkinders vir ‘n draairoomys te vat en te gaan kyk hoe lyk die rykmense se huise, om elke keer te huil as hy die Klein Prinsie lees, om homself nie te ernstig op te neem nie en om nooit sy innerlike kind te verloor nie.

“soos ‘n
kind glo...
lag...
speel...
geniet...
waardeer
en ervaar”