ONS OMROEPERS


KARIEN BASSON

Uitsaai tye:
Weeksdae 15:00 - 18:00

Karien Basson vier hierdie jaar tien jaar in die media bedryf. Ná tien jaar se radio-aanbieding, eers by Radio Kansel in Pretoria en Radio Helderberg in Somerset-Wes, is sy nou ‘n bekende stem in die daaglikse lewens van Tygerberg 104FM se luisteraars. Karien is deel van ‘n twee-man span wat elke middag die middag ‘drive-time” program Vuurvas anker op Tygerberg 104FM. Dié program het in 2013 voor 106 landwye radiostasies weggestap met die MTN Radio-toekenning as Beste Middag ‘Drive Time’ Program in die Gemeenskapsradio-kategorie. Karien was ook genomineer in die Beste Middag ‘Drive Time’ Aanbiederskategorie.

Sy is by die 2014 MTN Radio-toekennings vereer met lidmaatskap tot die ‘Bright Star’ klub vir jong, opkomende omroepers met baie potensiaal. Karien is spreker asook skrywer met twee gepubliseerde titels agter haar naam. Sy behartig ook ‘n blog met meer as 3 000 lesers. Karien is ook verteenwoordiger van die Finesse tydskrif se Vroue wat Glo beweging in die Wes-Kaap. Sy is pastoorsvrou, gemeenskapswerker en dierebeskerming lê haar na aan die hart.

Karien glo in hoop, moed en in ‘n liefdevolle God. Sy glo dat ‘n motiverende storie of die regte woorde op die regte tyd meer hoop bring in ‘n hopelose situasie as wat geld kan koop.

“...glo in hoop,
moed en in
‘n liefdevolle
God”