ONS OMROEPERS


Rouchelle Liedemann

Uitsaai tye:
Weeksdae 06:00 - 09:00

Rouchelle het ‘n borrelende, opgewekte persoonlikheid met ‘n aansteeklike lag – en sy hou baie van praat! Juis om dié rede was haar bynaam op skool Radio 5. Dit was seker onvermydelik dat haar lewenspad haar sou lei na ‘n radiostasie waar sy haar passie vir mense, musiek en die Here kan uitleef!

Wanneer sy tydens Tygerberg 104FM se ontbytprogram, Oggendrooi, agter die mikrofoon inskuif, is dit met die doel om luisteraars te inspireer en impakteer met die liefde van Jesus. Sy glo dat radio, meer as enige ander medium, die potensiaal het om mense se lewens te beïnvloed. Jy betree so te sê die luisteraar se persoonlike ruimte. Mense luister radio in hul huise, slaapkamers, motors, taxi’s – en jy het die geleentheid om hoop te bied langs ‘n hospitaalbed. Op ‘n manier word jy deel van die familie en dit plaas ‘n groot verantwoordelikheid op ‘n omroeper se skouers om daagliks mense in te lig, te inspireer, bemoedig en te vermaak.

Rouchelle het ook ‘n uitsonderlike sangtalent en is lief vir die verhoog. Musiek het immers die vermoë om ‘n boodskap oor te dra waar woorde soms nie genoeg is nie. Sy is al ‘n bekende gesig by onder meer die Tygerberg 104FM Gospel Skouspel, Huisgenoot Skouspel en sy word landswyd genooi om op te tree.

“Daar word
gesê dat
dinamiet in
klein pakkies
voorkom en
in hierdie
geval is dit
beslis waar!”