ONS ONTBYTPROGRAM


Uitsaai tye:
Weeksdae 06:00 - 09:00

Oggendrooi, Tygerberg 104FM se ontbytprogram, word aangebied deur mede-aanbieders Anton Brink en Benescke Janse van Rensburg en Merentia van der Vent. In die program lig hulle luisteraars in oor die jongste gebeure, nie net plaaslik in en om die Kaap nie, maar ook in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Die program is daar om luisteraars geestelik te bemoedig en hulle te inspireer - om hoop aan die luisteraars te bied om die dag met albei hande aan te gryp.

HOEKOM OGGENDROOI?
Net voor sonsopkoms is die horison rooi. Hierdie rooi word OGGENDROOI genoem en dra die belofte dat die son binnekort gaan deurbreek om die donker van die nag in 'n oogwink te verdryf. Soms gaan ons in ons lewens deur donker tye. Die belangrikste is om in sulke tye ons oë op God te hou met die wete dat Sy deurbraak net soos die son, die donker in 'n oogwink kan verdryf.

Maar moenie die vermaaklikheidsfaktor vergeet nie, want dié twee aanbieders skeer graag gek met mekaar en is nie skaam om baie lekker te lag vir hulself en ook vir die spitsvondigheid van die luisteraars wat inbel of na die ateljee toe SMS met hulle kommentaar.

Om ’n bydrae te lewer tot die program kan ’n SMS gestuur word na 32716 of ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

“belofte dat die son binnekort gaan deurbreek”

 

Powered by CjBlog